+27 51 410 0953  
june@stemma.co.za   
118 Henry Straat, Westdene, Bloemfontein  

Tuis    Ras    Genootskap    Veilings    Skoue & Gebeure    Te Koop    Media    Gallery    Skakels    DNA Analise    Diere Verbeteringswet    Kontak

 

ORIGIN OF THE CHAROLAIS BREED

Die Charolais het sy oorsprong in die Bresse-Plateau streek in die Jura-gebergte van Oos-Frankryk. Vanaf die plato van Bresse het die ras versprei na die vrugbare Charolles-gebied.

Hier het die naam Charolais in gebruik gekom, omdat die Charolais jare lank tot hierdie gebied beperk was en in beide getalle en uitvoering, gefloreer het. Die ras het aansienlike aansien geniet as 'n produsent van hoogaangeskrewe vleis in die markte in Lyon en Villefranche in die 16de en 17de eeu.

In 1773 verhuis Claude Matthieu sy kudde na Nievre en word hierdie kudde vandag beskou as die oorsprong van die moderne Charolais. Gedurende die 19de eeu het die Charolais na sentraal-Frankryk versprei en selfs so ver wes as Vendeé, waar 'n plaaslike melkstam ontwikkel is.

With the creation of the first Charolais Herd Book in France in 1864 the breed became even more important, and in 1907 there were already 1,026,000 Charolais located across France. Today, with a strength of 3 million, the Charolais is the most important beef breed in France, and represents 80% of cattle found in the region.

Met die totstandkoming van die eerste Charolais Kuddeboek in Frankryk in 1864, het die ras nog belangriker geword en in 1907 was daar reeds 1,026,000 Charolais regoor Frankryk. Vandag, met 3 miljoen, is Charolais die belangrikste beesras in Frankryk en verteenwoordig 80% van die beeste wat in die streek voorkom.

Die Charolais ras het eers na die tweede węreldoorlog sy verskyning in ander węrelddele gemaak. In die begin eers klein uitvoere, soos vier bulle en ses wyfies na Brasilië in 1950; vyf bulle en elf vroulike diere in 1955 na Argentinië; een bul en drie koeie na Suid-Afrika in 1955, gevolg deur drie bulle en 15 vroulike diere in 1956.

Hierdie klein titseltjie het in 'n groot stroom ontwikkel aangesien die ras aanpasbaarheid en uitstekende resultate getoon het in die nuwe gebiede waarin die Charolais ras destyds bekendgestel is. In 1964, byvoorbeeld, is 259 bulle en 1 605 koeie uitgevoer vanaf Frankryk regoor die die hele węreld en hierdie neiging neem vandag steeds toe, aangesien die Charolais-ras węreldwyd in meer as 70 lande sy waarde bewys.

In April 1966, skaars drie jaar na die eerste aansienlike invoer van Charolais na Suid-Afrika, is die Charolais Telersvereniging van Suid-Afrika as 'n korporatiewe liggaam verbonde aan die Suid-Afrikaanse Stamboek- en Veeboerdery-vereniging.

        

    

CHAROLAIS GENOOTSKAP
Oorsprong van die Ras
Teelbeleid
Raad
Telers

SKOUE & GEBEURE
Opkomende Veilings
Veiling Uitslae
Opkomende Skoue
Skou Uitslae

KONTAK ONS
☎  051 410 0953
✉  june@stemma.co.za
✉  Posbus 1225, Bloemfontein, 9300

© Charolais. Alle Regte Voorbehou. Geen artikel of foto mag gereproduseer / gepubliseer word sonder die skriftelike toestemming van die Charolais Beestelersgenootskap.