+27 51 410 0953  
june@stemma.co.za   
118 Henry Straat, Westdene, Bloemfontein  

Tuis  •  Ras  •  Genootskap  •  Veilings  •  Skoue & Gebeure  •  Te Koop  •  Media  •  Gallery  •  Skakels  •  DNA Analise  •  Diere Verbeteringswet  •  Kontak

 

CHAROLAIS TEELTBELEID

Teeltdoelwitte
●    Die hoof doelwit met Charolais teling is om die totale ekonomiese doeltreffendheid van die ras onder Suid-Afrikaanse weidingstoestande uit te bou en op grond van hierdie ekonomiese doeltreffendheid die ras by kommersiële produsente as ‘n gesogte vleisras te vestig.
●    Die tweede doelwit is om die ras se unieke rol in kruisteelt verder uit te bou met die voorbehoud dat geen afbreuk gemaak word aan die funksionele en ekonomiese doeltreffendheid van die vroulike kudde nie.

Die Teeltbeleid
●    Seleksie op voorkoms
●    Seleksie op die dier se eie prestasie
●    Seleksie op teeltwaarde
●    Seleksie op teeltwaardes van nageslag (Nageslag beproefde bulle)

Seleksie Kriteria vir Vroulike Diere
Reproduksie Eienskappe

●    Minimum standaarde vir aantal kalwers
●    Koeie wat nie aan hierdie standaarde voldoen nie word outomaties uitgeskot.(verwys 25.1)
Ouderdom by eerste kalwing (OEK)
●    Maksimum OEK is 39 maande. Vroulike diere wat nie by 39 maande gekalf het nie word outomaties uitgeskot.
Kalf/koei gewigsverhouding by geboorte nie groter as 9%.
●    Hierdie meting is voorlopig opsioneel maar word sterk aanbeveel as ‘n maatstaf by seleksie.

Produksie Eienskappe
100 dae Kalfgewig

●    Dit is opsioneel maar word sterk aanbeveel as ‘n seleksie maatstaf vir melkproduksie.
Fase A: Speenindekse
●    Bulkalwers: Minimum 90 indeks
●    Verskalwers: Minimum 90 indeks
●    Kalwers wat nie ten minste die minimum indeks behaal nie is nie registreerbaar nie.
Fase B: 12 maande en/of 18 maande indekse*
●    Verse minimum 90 maksimum 130
●    Verse met ‘n indeks van 130 of hoër kan slegs gekeur word indien hulle funksioneel doeltreffend is en vroulik vertoon.
●    Een van die metings is verpligtend vir registrasie en die keuse berus by die teler. Daar word ten sterkste aanbeveel dat beide metings gedoen word.

Bouvorm Eienskappe
Die maatstawwe vir bouvorm eienskappe word vervat in die keurbeleid en die standaarde van voortreflikheid. Vir registrasie moet diere aan hierdie standaarde voldoen. Daar word baie sterk gediskrimineer teen diere wat te groot, oorbespierd, onderbespierd, erg laat ryp of te klein is.

Seleksie Kriteria vir Bulle
Seleksie van bulle berus op Fases A, B, C en D. Fase B is verpligtend vir alle bulle. Vir K.I. bulle is Fase C (VOV) of ‘n intensiewe Fase D (Kleiberverhouding) verpligtend. Vir kommersiële bulle word ‘n ekstensiewe Fase D toets aanbeveel alhoewel Fase B data voldoende is. BLUP beraamde teeltwaardes is van groot waarde.

Minimum standaarde
●    GDT/GDO indekse van minstens 90 vir Fase A, B, C en D. Minimum indekse van 90 word vereis vir Voeromset (Fase C) en Kleiberverhouding (Fase D).
Bouvorm en rypheidsklas
●    Die maatstawwe vir bouvorm eienskappe word vervat in die keurbeleid en die standaarde van voortreflikheid. Vir registrasie moet diere aan hierdie standaarde voldoen.
Reproduksie-eienskappe
●    Skrotum omvang gemeet in verhouding tot liggaamsgewig- en/of ouderdom. Enige morfologiese afwykings dien as diskwalifikasie.
●    Bulle onder 12 maande ouderdom word nie gemeet nie ongeag of hulle voldoende massa het.
●    Die volgende minimum standaarde is van toepassing vir bulle tussen 12 en 36 maande.
         
●    Verwys na Minimum Rasstandaarde
         
●    Skede grootte en vorm - Discriminate /disqualify against over size or abnormalities.

Diskrimineer / diskwalifiseer teen oormatige grootte of abnormaliteit.
●    Koeigewig        
          a) By speen van kalf
          b) Binne 3 dae na kalwing
          Voorlopige opsioneel maar word sterk aanbeveel
●    Geboortegewig van kalwers
●    Gewig op 12 maande en 18 maande

 

    

CHAROLAIS GENOOTSKAP
Oorsprong van die Ras
Teelbeleid
Raad
Telers

SKOUE & GEBEURE
Opkomende Veilings
Veiling Uitslae
Opkomende Skoue
Skou Uitslae

KONTAK ONS
☎  051 410 0953
✉  june@stemma.co.za
✉  Posbus 1225, Bloemfontein, 9300

© Charolais. Alle Regte Voorbehou. Geen artikel of foto mag gereproduseer / gepubliseer word sonder die skriftelike toestemming van die Charolais Beestelersgenootskap.